Stan Getz | |
---|---|
Stan Getz in 1983 | |
Agtergrondinligting | |
Geboortenaam | Stanley Getz |
Gebore | Philadelphia, Pennsilvanië, Verenigde State | 2 Februarie 1927
Sterf | 6 Junie 1991 (op 64) Malibu, Kalifornië, Verenigde State |
Genres |
|
Instrumente |
|
Jare aktief | 1943–1991 |
Etikette |
|
Stanley Getz (2 Februarie 1927 – 6 Junie 1991) was 'n Amerikaanse jazz saxofoonspeler wat op professionele vlak bekendgestaan het as Stan Getz. Hy het hoofsaaklik die tenoor-saxofoon bespeel, en het ook bekendgestaan as "The Sound" vanweë die warm, liriese toon wat hy voortgebring het. Sy grootste inspirasie was die sagte klankkleur wat Lester Young voortgebring het. Hy het aan die einde van die 1940's prominensie bereik saam met Woody Herman se "big band". Getz is deur die kritikus Scott Yanow beskryf as "een van die grootste tenoor-saxofoonspelers van alle tye".[1] Getz het in bebop en cool jazz groepe gespeel. Hy is beïnvloed deur João Gilberto en Antônio Carlos Jobim, en het die bossa nova genre in Amerika bekendgemaak met die enkelsnit treffer "The Girl from Ipanema" (1964).